MORE ABOUT VISION CATTLEQUIP
___________________________________________
(Currently only available in
Afrikaans)
Vision Cattlequip het sy ontstaan
in 2005 gehad en is sedertdien slegs besig met die ontwerp en
oprig van veehanteringsgeriewe. Alhoewel ons ook betrokke is by
die oprig van staalstukture en ander staalwerk, bly ons hoof
doel die ontwerp en oprig van veehanteringsgeriewe.
Hanteringsgeriewe vorm ’n
noodsaaklike deel van enige veeboerdery. Werksgenot is wat jy
uit veeboerdery put as jou hanteringsgeriewe reg ontwerp is.
Vision Cattlequip doen die ontwerp en oprigting van volledige
veehanteringsgeriewe, wat vir die boer optimale en funksionele
hanterings gerief veskaf deur die maksimum diere met die minimum
stres en arbeid te kan hanteer. Elke kraal word ontwerp om die
beste waarde te verskaf en om in elke boer se unieke behoeftes
te voorsien.